Happy Parents

Hallo Jane en personeel van The Nature College – Field Guide Course

Ek wil net vir julle baie dankie sê vir die toer wat julle in die kursus insluit. Annick het dit baie geniet en geniet dit nog steeds. Riaan is voorwaar ‘n voorbeeld vir hulle. Sy passie en ondervinding het die kinders aangegryp soos hy die natuur op hulle vlak vir hulle verduidelik. Annick babbel so van opgewondenheid, ons kry nie ‘n woord in nie. Ons kry haar nie stil nie.

Kobus ook. ‘n Voorbeeld vir almal. Julle het goed opgeleide personeel wat ‘n werklike hart het vir die natuur.